OFM OFM Nights

OFM Nights

OFM Nights with Ashmund Martin, Mondays to Thursdays, 19:00 - 23:00 and 18:00 - 23:00 on Fridays.
Daily English South Africa Leisure · Music
456 Episodes
1 – 20

Tracey-Lee Oliver tree vir die laaste keer in Pam se skoene op.

Tracey-Lee Oliver wat Pam in Diepe Waters gespeel het gesels oor die karakter wat hierdie week na ’n tragiese skietvoorval tot ’n einde gekom het. Sy deel hoe Pam op die regte tyd in haar lewe gekom het en wat sy oor die jare geleer het van Zelda se "loskop"…
2 Sep 1PM 14 min

Diep Gesels met Sandi Schultz oor Diepe Waters en haar Silwerskerm benoeming

Sy het dit amptelik gemaak! Sandi Schultz het vanjaar haar heel eerste toekening vir haar toneelspel in haar hele loopbaan losgeslaan by die 14de kykNET Silwerskermfees, vir haar rol as Zelda Joubert in die telenovela Diepe Waters na 'n benoeming verlede jaar en 'n tweede een vanjaar. Sy gesels met…
26 Aug 1PM 10 min

Druk Dit! Juandré de Jager oor die krag agter die dokumentêr.

Juandré de Jager, regisseur en vervaardiger van die dokumentêr "Druk Dit!", praat met ons oor haar nuwe dokumenter wat vanjaar by die Silverskermfees vertoon. Die dokie volg Terence Opperman bedags 'n werker by 'n steenkoolmyn in Witbank, snags "The Highlander" op die armdruktafel. Dit is 'n storie oor oorwinning en…
19 Aug 1PM 8 min

'n Liefde vir die Melkman: Michelle le Roux gesels oor Twee persent

Michelle le Roux skrywer, aktrise en mede-regisseur kuier by OFM om te gesels oor haar nuwe stilistiese komiese kortprent, Twee persent. In 'n wêreld vol ouwêldse sjarme en 'n tikkie absurditeit vertel die film die verhaal van Charlotte, wat kapsie maak teen haar eie hart toe sy verlief raak op…
12 Aug 1PM 12 min

Erns Grundling se epiese reis deur Viëtnam in Elders se agste seisoen

Van Hanoi se bedrywige strate tot die mistige berge van Sa Pa, deur magiese grotte, ikoniese baaie en die energieke strate van Ho Chi Minh-stad dis waarna kykers kan uitsien wanneer Elders: Viëtnam op Sondag 19 Julie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) begin uitsaai. Stapper en skrywer Erns Grundling…
15 Jul 1PM 13 min

Van Arendsvlei tot Skemergrond: Robyn Rossouw se volle-sirkel-oomblik

Sy speel 'n ma wat van haar verlede weg hardloop, maar vir Robyn Rossouw was die rol van Cheryl in Skemergrond 'n kans om haarself te konfronteer. Luister hier na haar gesprek oor trauma, vertroue op stel, en hoekom hierdie karakter vir haar so besonders is. Skemergrond word Maandae tot…
8 Jul 1PM 8 min

Neels van Jaarsveld oor sy nuwe rol as tuisbly-pa in Beter as Gister

Hy speel Marco Fouché, 'n toegewyde pa wat sy loopbaan vir sy kinders opsy gesit het maar nou begin dinge verander. Neels van Jaarsveld gesels oor die nuwe kykNET-dramareeks Beter as Gister, wat die kollig plaas op pa's en die druk wat hulle ervaar. Die reeks begin 30 Junie om…
24 Jun 1PM 7 min

Bonné de Bod: "Elke episode is 'n herinnering aan hoekom ons moet omgee"

Van haaie in die Karibiese See tot leeus in die Krugerwildtuin. In die nuwe seisoen van Bewonder & Bewaar (vanaf 19 April 2026, 20:00 op kykNET) neem die bekroonde aanbieder Bonné de Bod kykers op 'n onvergeetlike reis na die wêreld se mees afgeleë wildernisgebiede. In hierdie geselskap vertel sy…
20 May 1PM 13 min

Hazel se geheim ontplof op Skemergrond — Carmen Maarman vertel alles

Haar storielyn is nou witwarm! Hazel het 'n geheim uitgehou wat haar lewe op 'n wenkbrou kan laat kantel — en Christine het dit op die lappe gebring. In dié gesprek gesels ons met die talentvolle Carmen Maarman oor die druk op haar karakter, die affair met Fabian, en wat…
13 May 1PM 8 min

Van Karoo-stilte tot Japanse neon: ’n wêreld van kontraste op Leef Jou Reis

In hierdie splinternuwe seisoen neem Gerrie Pretorius kykers op ’n sielryke reis deur die uiterstes van die aardbol van die historiese mysteries van Roemenië en Transilvanië, deur die kulinêre en spirituele dieptes van Japan, na die prag van Noorweë en terug na die hartjie van die Karoo. Dit is nie…
8 Apr 1PM 9 min
1 – 20