
Tracey-Lee Oliver tree vir die laaste keer in Pam se skoene op.
Loading player...
Tracey-Lee Oliver wat Pam in Diepe Waters gespeel het gesels oor die karakter wat hierdie week na ’n tragiese skietvoorval tot ’n einde gekom het. Sy deel hoe Pam op die regte tyd in haar lewe gekom het en wat sy oor die jare geleer het van Zelda se "loskop" dogter tot ’n Swarts, ’n suksesvolle besigheidsvrou en Siseko se bruid.• Diepe Waters word Maandae tot Donderdae 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai

