Eise vir deursigtigheid oor Stad Windhoek HUB se reise

Loading player...
Woede oor die Stad Windhoek se reisbesteding gaan nie net verdwyn nie, met aktivis Shaun Gariseb wat volle deursigtigheid eis oor uitvoerende hoof Moses Matyayi se herhaalde internasionale reise, terwyl basiese munisipale dienste sloer. Gariseb beweer dat gemeenskapspetisies en raadsmosies opsy geskuif word terwyl miljoene bestee word aan buitelandse reise en geleentheidsafvaardigings. Dit sluit 'n onlangse reis van 3,3 miljoen Namibiese dollar na Eswatini in. Gariseb het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
6 Oct 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA regering gaan Konstitusionele Hof nader vir leiding oor asielbeslissing

Die Suid Afrikaanse regering beplan om die Konstitusionele Hof te nader om hom meer tyd te gun vir die implementering van sy uitspraak, wat prosedurele struikelblokke vir asielaansoeke verwyder het. Die hof het sekere bepalings van die Wet op Vlugtelinge ongrondwetlik verklaar wat immigrasiebeamptes toegelaat het om 'n asielsoeker te…
12 Oct 12AM 1 min

NLU vra vir streeks-samewerking om BKS te stuit

Die Namibiese Landbou-unie-president, Thinus Pretorius, het met Kyknet se e-Nuus gepraat om te verduidelik hoe die land tot dusver die BKS-uitbreking hanteer het. Hy was vol lof vir owerhede se vinnige reaksie. Pretorius sê samewerking tussen alle rolspelers in die streek is uiters belangrik om die landbou-sektor staande te hou…
12 Oct 12AM 1 min

Nuwe nasionale park in die Oos-Kaap geproklameer

Die Suid Afrikaanse minister van bosbou, visserye en die omgewing, David Maynier, het 'n nuwe nasionale park in die Oos-Kaap geproklameer om grasvelde, biodiversiteit en belangrike waterbronne te beskerm. Die Grasslands-nasionale park beslaan meer as tienduisend hektaar tussen Nqanqarhu en Rhodes. Sanparke sal die park bestuur, waar grondeienaars kan voortgaan…
11 Oct 11PM 1 min

Warm, sonnige week vir Namibië voorspel

Met ‘n bewokte en koel oggend wat die week hier in Windhoek afskop sal Namibië vandeesweek warm, oorwegend sonnige weer ervaar, na aanvanklike verbygaande buie en donderstorms Sondag. Dagtemperature in die sentrale binneland sal in die hoë 20's (°C) begin en teen die naweek geleidelik tot in die lae tot…
11 Oct 11PM 1 min

Onstabiliteit gaan ANC knou by stembus

Die nasionale plaaslike verkiesings aanstaande maand in Suid-Afrika bly in die nuus. Professor André Duvenhage, politieke wetenskaplike aan die Noordwes Universiteit op Potchefstroom, het sy mening in die verband so aan Kosmos 94.1verwoord: André Duvenhage Naweek
11 Oct 5AM 1 min