
Hoekom is adjunkministers nodig, hoor NV
Loading player...
Die rol van adjunkministers word in die parlement onder die loep geneem, met oproepe dat hul bevoegdhede versterk word of dat die poste heeltemal afgeskaf word. Die Swapo-parlementslid Salomon April het vanmiddag aangevoer dat die regering aansienlike finansiële hulpbronne aan adjunkministers bestee, terwyl hulle geen onafhanklike besluitnemingsgesag het nie.

