Betrokkenes hanteer die uitbreking van die Afrika-varkpesvirus in die Vrystaat

Loading player...
Die Afrika-varkpesvirus moet nie verwar word met die siekte varkgriep nie. Die voorsitter van die Nasionale Dieregesondheidsforum, dr. Pieter Vervoort, sê die Afrika-varkpesvirus is ‘n gasheerspesifieke virus wat sy oorsprong in wilde varksoorte het. Dit word dan na mak varksoorte oorgedra. Die siekte varkgriep is nie noodwendig ‘n virus wat van varke na mense oorgedra word nie. Hy sê indien mense varkgriep kry, is daar ‘n groot kans dat die virus van ander mense afkomstig is. Hy beklemtoon verder dat varkgriep nie deur vleis oorgedra word nie.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…
27 May 2019 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Droogte en brande teister Mosselbaai en omgewing

Die Suid-Kaap beleef geweldige droogte en vernietigende brande, veral in die Mosselbaai omgewing. Isabel van Tonder gesels met Leon van Dyk, lid van die uitvoerende burgermeesterskomitee oor dié verskrikking wat die boere beleef. Daar is ook 'n ernstige beroep op boere om veevoer te skenk aan die rampgeteisterde gebiede.
13 Jan 10PM 13 min