Rondloper-leeuwyfie gewaar

Loading player...
Die rondloper-leeuwyfie wat vir meer as ‘n week in Noordwes tussen Ottosdal en Lichtenburg gesoek word, is intussen gewaar en haar vars spore is Woensdagoggend gekry. Tharina Boshoff, waarnemende hoofdirekteur van omgewingsake van die Departement van Landelike, Omgewings- en Landbou-ontwikkeling in Noordwes, sê die soektog na die jong leeuwyfie duur voort. Die leeuwyfie se spoor is meer as ‘n week gelede deur ‘n boer op ‘n plaas gevind. ‘n Soektog in die Vermaas- en Bospoort-boerderygebied is begin. Boere van die gebied was tot dusver baie behulpsaam. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met haar gepraat…
28 May 2019 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Droogte en brande teister Mosselbaai en omgewing

Die Suid-Kaap beleef geweldige droogte en vernietigende brande, veral in die Mosselbaai omgewing. Isabel van Tonder gesels met Leon van Dyk, lid van die uitvoerende burgermeesterskomitee oor dié verskrikking wat die boere beleef. Daar is ook 'n ernstige beroep op boere om veevoer te skenk aan die rampgeteisterde gebiede.
13 Jan 10PM 13 min