n Kouefront beweeg oor die sentrale binneland

Loading player...
n Kouefront beweeg oor die sentrale binneland en die kwik kan vandeesweek op plekke in die Vrystaat daal. Swaar ryp word egter steeds nie verwag nie. 'n Voorspeller van die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) se Bloemfontein-kantoor, Quinton Jacobs, sê reëntoestande kom ook voor in die suidelike deel van die Noord-Kaap en die Vrystaat. Ietwat warmer toestande word teen die naweek verwag met geen kouefronte wat volgende week in die sentrale binneland voorkom nie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…
28 May 2019 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Droogte en brande teister Mosselbaai en omgewing

Die Suid-Kaap beleef geweldige droogte en vernietigende brande, veral in die Mosselbaai omgewing. Isabel van Tonder gesels met Leon van Dyk, lid van die uitvoerende burgermeesterskomitee oor dié verskrikking wat die boere beleef. Daar is ook 'n ernstige beroep op boere om veevoer te skenk aan die rampgeteisterde gebiede.
13 Jan 10PM 13 min