Leon de Beer - 4 Junie 2019

Loading player...
Suid-Afrika wen met die beheer van die bek-en-klouseer virussiekte wat in Januarie vanjaar in die Vhembe-distrik in Limpopo uitgebreek het. Dié uitbreking in ‘n bek-en-klouseervrye gebied het daartoe gelei dat die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (OIE) Suid-Afrika se bek-en-klouseervrye status onmiddellik opgeskort het. Verskeie plaaslike uitvoerbedrywe is in die proses geraak. Die wolbedryf het egter verlede week goeie nuus ontvang - dat rouwol weer na China uitgevoer kan word, maar daar is sekere vereistes daaraan verbonde. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met die Nasionale Wolkwekersvereniging van Suid-Afrika (NWKV) se algemene bestuurder, Leon de Beer, gepraat…
3 Jun 2019 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Droogte en brande teister Mosselbaai en omgewing

Die Suid-Kaap beleef geweldige droogte en vernietigende brande, veral in die Mosselbaai omgewing. Isabel van Tonder gesels met Leon van Dyk, lid van die uitvoerende burgermeesterskomitee oor dié verskrikking wat die boere beleef. Daar is ook 'n ernstige beroep op boere om veevoer te skenk aan die rampgeteisterde gebiede.
13 Jan 10PM 13 min