Before Dawn 28 Januarie Annelize Crosby

Loading player...
Dit is gevaarlik om die reg van individue om teen die mag van die staat beskerm te word, weg te neem, want daarsonder is daar geen waarborge dat die staat regmatig gaan optree nie. Dit is volgens Agri SA se hoof van grondsake, Annelize Crosby, wat meen die Grondwet bevat juis daarom 'n klousule dat mense ten alle tye vrye toegang tot die howe het. Sy sê dit is ook in Artikel 25 van die Grondwet vervat dat indien daar ‘n dispuut oor vergoeding by onteiening is, sal die howe uiteindelik die vergoedingsbedrag bepaal. Crosby se reaksie kom nadat pres. Cyril Ramaphoasa ná die ANC se lekgotla bekendgemaak het dié party wil hê die uitvoerende gesag en nié die howe nie moet 'n vergoedingsbedrag bepaal, indien grond onteien word. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Crosby gepraat…
27 Jan 2020 10PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min