Die prys van stoor-lammers en speenkalwers onder druk

Loading player...
n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, bespreek weekliks op 'n Donderdag die veilingspryse wat op lewende hawe veilings behaal is. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik.

Hy sê te midde van die Covid-19-pandemie, wat in sekere mate 'n negatiewe uitwerking het op sekere landboubedrywe, onder meer ook veilings van lewende hawe, is daar 'n greintjie hoop oor die toekoms van die bedryf veral met die goeie verwagte graanoes op landerye. Dit sal hopelik daartoe lei dat die swak Rand, goeie pryse oplewer, meen Derksen.

Hy sê in die stadium is dit moeilik om 'n akkurate prys vir lewende hawe, wat op veilings behaal is, te verskaf. Daarom gee hy terugvoer oor prystendesne.

Volgens hom is die prys van diere wat gestoor word, soos lammers en speenkalwers, onder geweldige druk. Daarmee saam is die informele mark, wat fokus op boerbokke, ook nie na wense nie. Pryse in dié mark is laag.

Hy sê die tendens rondom die prys van speenkalwers het vandeesweek gewissel van tussen R29,00 per kg en R30,00 per kg.

Ander veilingspryse vir beeste:
A-klas beeste - R26,50 per kg
C-klas vet koeie - R20,50 per kg
Slagbulle - R21 per kg
Skape:
Slaglammers - R33,00 per kg
Vetskape - R25,50 per kg

PRESENTER OUTRO: Dit was Chris Derksen, 'n bekende in die veebedryf, met die jongste nuus in die vleisbedryf. Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.
8 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min