Werklikheid van nasionale inperking is hier, sê DA

Loading player...
Sekere boere en ander betrokkenes in die landboubedryf was met die aanvang van die nasionale inperking, in 'n poging deur die Suid-Afrikaanse regering om die verspreiding van die Covid19-pandemie te beperk, onder die indruk dit is besigheid-soos-normaal sou wees. Die DA se skaduminister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Annette Steyn, sê met die inperking, het die werklikheid egter vir talle betrokkenes in dié bedryf ingetree. Landbou word tydens die inperking, wat op 26 Maart in werking gestel is, en aanvanklik tot 16 April sou voortduur, as 'n essensiële diens beskou. Daar is egter streng voorwaardes en regulasies daaraan verbonde. Pres. Cyril Rampahosa het die aanvanklike inperking Vrydagaand met twee weke verleng, tot die einde van vandeesmaand. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Steyn gepraat...
12 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min