Hoenders word plaaslik geproduseer, wat goed is vir voedselsekerheid

Loading player...
Dit gaan onder omstandighede goed in die hoenderbedryf en produksie gaan voort, ondanks die uitdaging van die Covid-19-virussiekte. Dit is volgens, Izaak Breytenbach, hoofbestuurder van die Suid-Afrikaanse Pluimvee-vereniging, SAPV, wat meen in terme van voedselsekerheid is dit geweldig belangrik dat produksie in dié bedryf plaasvind. Hy sê daar was wel uitdagings wat verband hou met die vervoer van produkte. Logostieke en probleme met arbeid het ook opgeduik, terwyl veral kleinboere met die aanvang van die nasionale inperkingstydperk, swaar getref is. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
15 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min