NWKV: Regulasies oor woluitvoer en skeer van skape op plase gee hoop vir bedryf

Loading player...
Daar heers in die stadium positiwiteit in die plaaslike wolbedryf, maar daar is ook bestaande onsekerheid in dié bedryf oor wat die toekoms, veral ten opsigte van die korona-virussiekte, inhou. Leon de Beer, hoofbestuurder van die Nasionale Wolkwekersvereniging, NWKV, sê daar is positiewe aspekte met betrekking tot Covid-19-regulasies, wat hoop vir dié bedryf gee. Dit sluit in die skeer van skape op plase wat nou tydens die nasionale grendeltyd toegelaat word, en regulasies wat toelaat dat wol uitgevoer kan word. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
19 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min