Country Bird Holdings, fokus op voedselsekerheid tydens #Covid19

Loading player...
Die voedselwaardeketting is van kritieke belang vir voedselsekerheid in Suid-Afrika, ondanks verskeie uitdagings in die hoenderbedryf veral ten opsigte van die Covid-19-pandemie. Dit is volgens Marthinus Stander, uitvoerende hoof van Country Bird Holdings, CBH, 'n goed gevestigde landboubesigheid plaaslik asook in Afrika. Stander sê Country Bird Holdings, wat in Mahikeng, Klerksdorp, tussen Coligny en Hartbeesfontein en by Bothshabelo by Bloemfontein, gesetel is, het meer as 4000 werknemers plaaslik in sy diens. Meer as 2000 mense in Afrika is by Country Bird Holdings werksaam. Stander sê daar is daaglikse kleiner krisisse , wat tydens die nasionale inperkingstydperk opduik en hanteer moet word, maar daar is groot dankbaarheid dat dié bedryf met produksie kan voortgaan.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
19 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min