Mieliediefstal vanaf landerye in die Vrystaat neem tydens grendeltydperk kommerwekkend toe

Loading player...
Verskeie betrokkenes in die landboubedryf is bekommerd oor die toename in diefstal, wat tydense die nasionale grendeltydperk, weens die Covid-19-pandemie, op plase nou vinnig toeneem. Veediefstal asoos die diefstal van plaasprodukte is 'n groot kopseer vir boere. Tommie Esterhuyse, voorsitter van Agri SA se landelike veiligheidskomitee en vise-president van Vrystaat Landbou (VL), sê die diefstal van mielies vanaf landerye is nou 'n reuse probleem in die Vrystaat. Daar word nou 'n opname gedoen rondom dié vorm van diefstal, sodat die omvang daarvan bepaal kan word en besluite geneem kan word om drastiese stappe in dié verband te neem. Esterhuyse sê Agri SA is ook in die proses om 'n opname te doen in al die provinsies oor die land heen om vas te stel wat die uitwerking van veediefstal en die diefstal van landbouprodukte op plase is. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
21 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min