Safex Verslag - 22 April 2020 (verskaf deur GraanSA)

Loading player...
Mielies: · Volgens die Amerikaanse Departement van Landbou is die Amerikaanse mielie aanplantings vir die seisoen tot dusver 7% voltooi. Dit is 2% minder as die 5 jaar gemiddelde tempo van 9% voltooi teen dieselfde tyd van die seisoen. · Die Amerikaanse oliepryse het gister nuwe rekord laagtepunte bereik wat ook ʼn oorspoel effek op die Amerikaanse mieliepryse gehad het wat onder druk gekom het. · Die plaaslike mieliemark het gister skerp onder druk gekom en het meestal laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van beide wit en geelmielies. · Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R40/ton laer verhandel vir die dag om teen R2 545/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R38/ton laer verhandel om teen R2 684/ton te sluit. Sojabone: · Volgens die Amerikaanse Departement van Landbou se weeklikse produksievorderingsverslag is 2% van die Amerikaanse sojabone vir die seisoen reeds geplant. Dit is meer as die 5 jaar gemiddelde tempo van 1% voltooi teen dieselfde tyd van die seisoen. · Die produkte in die oliesaad kompleks het meestal onder druk gekom met ander groente- en plantaardige oliepryse wat onder druk gekom het. Dit het ook druk op die internasionale sojaboonmark geplaas. · Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is. · Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2020, R18/ton hoër verhandel vir die dag om teen R6 785/ton te sluit. Koring: · In die nuutste weeklikse produksietoestande verslag wat deur die Amerikaanse Departement van Landbou bekend gemaak is word aangetoon dat 57% van die Amerikaanse winterkoring in ʼn goeie tot uitstekende toestand is. Dit is swakker as verlede week se 62% goed tot uitstekend. · In Rusland is die verwagting dat die nuwe seisoen se produksie laer behoort te wees weens ongunstige weerstoestande wat daar heers. · Die plaaslike koringmark het gister gemeng verhandel
21 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Die wet op diere-identifikasie en die uitvoering daarvan, is kompleks en duur

In deel 2 van die fokus op "die boer en die reg", bespreek Professor Andries Raath, die wet op diere-identifikasie, die kostes daarvan en die poging om 3 stelsels in diere-identifikasie saam te stel. Die belangrikste vraag wat altyd gevra moet word is: bevorder dit winsgewendheid in die rooivleisbedryf, volhoubaarheid…
10 Nov 10PM 5 min

Die voorgestelde wet op diereverbetering maak produsente bekommerd

Dis Woensdag en tyd vir "Die boer en die reg" program, wat voortaan Woensdae-oggende sal fokus op regskwessies en landbouers. Die program skop af met Isabel van Tonder en Professor Andries Raath wat in deel 1 van die gesprek meer inligting deel oor die wet op diereverbetering, wat onlangs vrygestel…
10 Nov 10PM 5 min