Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

Loading player...
Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag, praat OFM-nuus se Christal-Lize Muller met die landbou-ekonoom, dr. Kobus Laubscher. Hy sê daar was aanvanklik begrip en voldoening vir die inperkingstydperk om die verwagte verwoesting van die Covid-19-pandemie die hoof te bied, maar dié "veldtog" verloor nou steun, omdat benadeeldes nie toegelaat word om deel te word van die oplossing nie. Dit is noodsaaklik dat ‘n land hom staal teen die verwagte verwoesting van dié pandemie en gegewe die demografie en veral die bekende ongelykhede, manifesteer die impak daarvan anders op verskillende vlakke van die samelewing.

Laubscher meen toegang tot kos word nou beperk deur administratiewe rompslomp, en die onvermoë om beleid uit te voer asook dubbelsinnige regeringsmaatreëls. Hoewel daar na bewering inter-departementeel oorlegpleging is om ‘n holistiese mandjie van maatreëls daar te stel, is daar al hoe meer bewyse van die teendeel. Volgens hom is daar nie voldoende onderliggende oorlegpleging tussen die verskillende Suid-Afrikaanse ministers nie. Dit is ook meer sigbaar op laer regeringsvlakke, wat lei tot 'n verdere negatiewe impak.

Dit staan duidelik uit dat daar 'n gebrek aan sinergisme, selfs binne departemente is. Hy sê baie van dié staatsdepartement, wat veral op landbou gerig is, is nie voldoende bekend met die diverse vermoë van dié bedryf nie. "Kommersiële landbou is verwaarloos en noudat daardie deel se bydrae ellende verligting kon versnel, bevind departemente hulle klaarblyklik op sulke onbekende terreine dat deur niks te doen, beter is as om die verkeerde te doen.
22 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min