Kommersiële wildboerderye neig meer na landbou as omgewingsake

Loading player...
Wildboerdery as 'n kommersiële entiteit, kan in talle gevalle nie volgens regulasies en wette, wat daargestel en gereguleer word deur die departement van omgewingsake, funksioneer nie. In die kommersiële wildbedryf maak boere juis van landbougrond bebruik om met wild te boer. Met hul hooffokus op kommersiële bedrywe sal dit meer doeltreffend wees as dié boerderye onder landbou geklassifieseer word. Dit is volgens Wiaan van der Linde, uitvoerende hoof van Wildbedryf SA, wat meen die is 'n kwessie van belang in die bedryf, en dit moet in perspektief gesien word. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat oor die EMS-stigting se onlangse versoek aan verskeie Suid-Afrikaanse regeringsdepartement dat 'n moratorium geplaas moet word op die verbruik van wildsvleis in Suid-Afrika in die lig van die Covid-19-pandemie. Dié stigting voer glo aan die pandemie kom vanaf wilde diere...
27 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min