TLU SA soek duidelike riglyne oor vervoerkwessies

Loading player...
Daar is verskeie onduidelikhede ten opsigte van regulasies met betrekking tot die nasionale inperking weens die Covid-19-pandemie, wat Vrydag oor die land heen na vlak-4 verlaag word. Bennie van Zyl, algemene bestuurder van TLU SA, sê die feit dat die jag van wilde diere nou toegelaat word, word verwelkom, maar dit is nie duidelik omvat oor hoe dit op grondvlak gaan plaasvind nie. Jagtogte is met die aanvang van die inperkingsperiode verbied, maar word nou intussen toegelaat. Hy sê die probleem is egter dat mense wat dié inperkingsregulasies instel, nie 'n begrip van die situasie op grondvlak het nie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
29 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min