Wolbedryf slaag sug van verligting, oor dié vesel wat in grendeltydperk noodsaaklik is

Loading player...
Die wolbedryf slaak 'n sug van verligting, nadat dit ingevolge die Covid-19-regulasies nou as 'n noodsaaklik produk geklassifiseer word. Leon de Beer, hoofbestuurder van die Nasionale Wolkwekersvereniging, NWKV, sê die waardeketting vir wol het nou weer die geleentheid om op dreef te kom. Dié aangepaste regulasies is verlede week deur die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, bekendgemaak. De Beer sê wol kan nou weer na markte vervoer word, skeerders van wol kan ook 'n diens op plase lewer, terwyl wol voortaan by die woltoetsburo getoets kan word. Hy sê makelaars is ook gereed en veilings kan voortgaan... OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met De Beer gepraat....
3 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min