Verbruiksjag lewer R8 biljoen bydrae tot Suid-Afrikaanse ekonomie jaarliks

Loading player...
Die jagbedryf beklemtoon opnuut die belangrike bydrae, wat plaaslike verbruiksjag, tot Suid-Afrika se ekonomie lewer. Dit kom nadat die Jagters- en Wildbewaringsvereniging, die regering se aankondiging dat daar tydens vlak-4 van die nasionale Covid-inperking met die jag van wild voortgegaan kan word, verwelkom het. Fred Camphor, uitvoerende hoof, sê dié nodige protokol rakende die jag van wild wat nou tydens dié vlak van inperking kan geskied, moet nou egter in plek gestel word. Daar is steeds grys gebiede en onduidelikhede oor hoe dit in die praktyk gaan geskied. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat....
3 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min