Nasionale Tessourie moet die Landbank nou red

Loading player...
Kommer in georganiseerde landboukringinge oor die land se ekonomiese verval en onstabiliteit neem toe. Omri van Zyl, uitvoerende direkteur van Agri SA, sê in die stadium bloei die land se ekonomie nadat Suid-Afrika tot rommelstatus afgegradeer is. Daarmee saam is die Landbank ook in 'n geldelike verknorsin nadat die internasionale kredietgraderingsagentskap, Moody's, dié bank tot rommelstatus afgegradeer het. Die Covid-19-pandemie, is nou ook 'n uitdaging van epidermiese proporsie. Hy meen die enigste oplossing vir Suid-Afrika om uit dié storm te kom, is goeie samewerking deur alle belanghebbendes. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
4 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min