Droogte steeds 'n stewige greep op Noord-Kaapse boere

Loading player...
Boere in 'n groot gedeelte van die droogtegeteisterde Noord-Kaap maak steeds staat op finansiering om veevoer te bekom vir hul kuddes, omdat daar geen natuurlike weiding beskikbaar is nie. Dit is die situasie nadat die droogte steeds nie sy stewige greep verslap het in die grootste deel van die provinsie nie. Willem Symington, adjunkpresident van Agri Noord-Kaap en hoof van Agri SA se rampbestuursentrum sê , die droogte is steeds nie gebreek in dié provinsie nie, al het dit in sekere gebiede gereën. Hy sê daar is groot dankbaarheid oor dié reën van die afgelype tyd, maar dit het steeds geïsoleerd voorgekom. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
5 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min