Safex Verslag - 6 Mei 2020 (verskaf deur GraanSA)

Loading player...
Mielies: · Die Amerikaanse mieliemark is vasgevang tussen die internasionale energiepryse en die verwagte rekord aanplantings. Die internasionale energiepryse het ondersteuning gevind en het die Amerikaanse mieliemark ondersteun, maar die goeie aanplantingstempo het druk op die mark geplaas en die mark het meestal sywaarts verhandel. · Alhoewel die Amerikaanse mielie aanplantings aansienlik vinniger as die gemiddelde tempo plaasgevind het tot dusver is die persentasie van die mielies wat reeds ontkiem het laer as die 5 jaar gemiddelde tempo. · Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van beide wit en geelmielies. · Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R4/ton laer verhandel vir die dag om teen R2 440/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R24/ton laer verhandel om teen R2 565/ton te sluit. Sojabone: · In die Amerikaanse sojaboonmark is die verwagting van goeie produksie vir die seisoen, sowel as die handelsgeskille tussen die VSA en China, wat nie opgelos kan word nie, negatief vir die Amerikaanse sojaboonpryse. · Die Amerikaanse sojaboon oliepryse het ondersteuning gevind met die vraag wat effens hoër is in die energiemarkte. · Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is. · Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2020, R103/ton laer verhandel vir die dag om teen R6 551/ton te sluit. Koring: · Die sagtekoring uitvoere vanaf die EU is hoër vir die seisoen wat kompeteer met die Amerikaanse koring uitvoere en die Amerikaanse koring uitvoere onder druk hou.. · In die VSA is die produksietoestande van winterkoring beter as wat verwag was, veral na die koue toestande wat in gedeeltes van die produksiegebied geheers het. · Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in mees
5 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Die wet op diere-identifikasie en die uitvoering daarvan, is kompleks en duur

In deel 2 van die fokus op "die boer en die reg", bespreek Professor Andries Raath, die wet op diere-identifikasie, die kostes daarvan en die poging om 3 stelsels in diere-identifikasie saam te stel. Die belangrikste vraag wat altyd gevra moet word is: bevorder dit winsgewendheid in die rooivleisbedryf, volhoubaarheid…
10 Nov 10PM 5 min

Die voorgestelde wet op diereverbetering maak produsente bekommerd

Dis Woensdag en tyd vir "Die boer en die reg" program, wat voortaan Woensdae-oggende sal fokus op regskwessies en landbouers. Die program skop af met Isabel van Tonder en Professor Andries Raath wat in deel 1 van die gesprek meer inligting deel oor die wet op diereverbetering, wat onlangs vrygestel…
10 Nov 10PM 5 min