#Covid19: Afname in steun vir Ramaphosa wink met volgehoue grendelstaat

Loading player...
Daar is nie ‘n wen-wen oplossing rondom die Covid-19-pandemie en meer spesifiek die hantering daarvan deur besluitnemers in Suid-Afrika nie. Dr. Piet Croucamp, 'n politieke ontleder, meen met die voortduur van die grendelstaat kan daar meer druk op politici kom en steun vir hulle kan afneem. Hy sê dit is te verstane, want met die toename in geweldige armoede, mense wat hul werk verloor, en maatskappye wat hul deure noodgedwonge moet sluit weens die ekonomiese impak van die pandemie, sal politici se besluite, eerste bevraagteken word. Croucamp meen verder steun vir pres. Cyril Ramaphosa, wat aanvanklik wyd geloof is vir sy hantering van die pandemie, kan dan ook geweldig daal. Meningsopnames toon tussen 65% en 70% mense in die land steun hom steeds en dit sluit ook minderheidsgroepe in, maar hoe langer die grendelstaat voortduur hoe meer ingewikkeld kan dit raak en hoe groter gaan die uitwerking daarvan op Ramaphosa se steun, wees. Daarmee saam is die politieke klimaat in die land steeds te midde van dié pandemie, gespanne. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Croucamp gepraat...
7 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Die wet op diere-identifikasie en die uitvoering daarvan, is kompleks en duur

In deel 2 van die fokus op "die boer en die reg", bespreek Professor Andries Raath, die wet op diere-identifikasie, die kostes daarvan en die poging om 3 stelsels in diere-identifikasie saam te stel. Die belangrikste vraag wat altyd gevra moet word is: bevorder dit winsgewendheid in die rooivleisbedryf, volhoubaarheid…
10 Nov 10PM 5 min

Die voorgestelde wet op diereverbetering maak produsente bekommerd

Dis Woensdag en tyd vir "Die boer en die reg" program, wat voortaan Woensdae-oggende sal fokus op regskwessies en landbouers. Die program skop af met Isabel van Tonder en Professor Andries Raath wat in deel 1 van die gesprek meer inligting deel oor die wet op diereverbetering, wat onlangs vrygestel…
10 Nov 10PM 5 min