Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

Loading player...
Hy praat in hierdie insetsel oor die ratwerk van aanpassings ná die Covid19-pandemie en meen vir talle mense in Suid-Afrika is die toekoms alles behalwe rooskleurig, maar dit is opvallend hoe die uitvoer van dinge nou herwardeer word. Daar is ook tekens van blymoedigheid, omdat mense gedwing word om anders te dink oor die aspekte wat werklik van belang is.
Laubsher meen die landboubedryf neem egter leiding en dit is goeie nuus, omdat daar daagliks klinkklare bewyse is rondom aanpasbaarheid van mense in situasies. ‘n Boer kan nie toesien dat sy buurman swaartrek nie, en die hulp wat verleen word gaan oor grense heen. Boere dra mildelik by tot gemeenskappe wat in nood verkaar, en daarin is ‘n duidelike boodskap van geen regulasie kan in die pad staan vir noodledeging sonder voorwaades nie.
Hy verwys ook na voorstelle van verwagte aanpassings ten opsigte van verbruikersgedrag wat in berekening geneem moet word midde die Covid-19-pandemie. Dit sluit ondr meer in die omvang van werkloosheid oor die wêreld heen wat ‘n enorme kopseer is. Afleggings is onafwendbaar. Regerings sal moeilike besluite ten opsigte van beleid meot neem.
Nog verandering weens die pandemie sluit in kontant wat steeds koning gaan kraai, terwyl aankope oor 'n afstand gaan toeneem en aflewering by huise 'n daaglikse norm gaan word. Dit gaan beslis voorkeur geniet, maar sake-ondernemings sal daarvoor gerat moet wees.
Laubsher sê die welstand en gesondheid van ouer generasies sal beter opgepas moet word. Die klem gaan op die welsyn

PRESENTER OUTRO: Dit was die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, wat met OFM-nuus se Christal-Lize Muller gepraat het.​
13 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min