Drakensberger-genootskap skroom nie met droogtehulpverlening

Loading player...
Lede van die Drakensberger-beestelersgenootskap​ het nie twee keer gedink om droogtehulp te verleen aan medevoere in nood nie. Henk Delport, adjunkpresident van dié genootskap, sê daar is 'n noue band tussen die genootskap se lede en toe die noodkrete van boere in die Kalahari en Namibië begin instroom, het die genootskap nie geskroom om 'n helpende hand te verleen nie. Hy sê dit het alles begin toe 'n boer in die Bothaville-distrik in die Vrystaat gras wou skenk aan boere, wat weens die droogte swaartrek. Dié genootskap het toe ingetree en geld beskikbaar gestel. Gemeenskappe in KwaZulu-Natal het ook geldelik bygedra. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Delport gepraat...
16 Jun 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min