Dieseltekorte kniehalter boere wat nou moet stroop

Loading player...
Boere trek aan die kortste ent weens die tekort aan diesel in die land. Kobus van Zyl, 'n boer van die Allanridge/Wesselsbron-distrik in die Vrystaat, sê produsente sukkel om diesel in die hande te kry en daar word verskeie verskonings aangebied. Dit sluit onder meer in diefstal in die pyplyn van Durban na Johannesburg, terwyl raffinaderye aanvoer dat hulle sukkel om ru-olie in die hande te kry. Hy sê vir produsente is die situasie van so 'n aard dat hoe langer hulle wag om te stroop, hoe meer dok hulle op in rente. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
17 Jun 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min