Drakensberger-genootskap hou aanlynveilings

Loading player...
Die Drakensberger-beestelersgenootskap het 'n bedrywige week wat voorlê. Dit is dié genootskap se eerste nasionale stoetveiling, wat aanlyn plaasvind. Daarmee saam word 'n speenkalwer-veiling ook vandag aanlyn aangebied. Dit word deur die nasionale stoetveiling Dinsdag gevolg. Jean van der Merwe, 'n raadslid van dié genootskap, wat verantwoordelik is vir die reëlings rondom dié veilings, sê daar is nog tyd om vir vandag se speenkalwer-veiling, wat op die GWK-Veewinkeltoep aanlyn plaasvind, te registreer. Dié veiling open om 08:00 en daar sal tot omstreeks 12:00 geleentheid wees om te bie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van der Merwe gepraat...
21 Jun 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min