Landbou in Vrystaat groei, en verdien meer ondersteuning deur die regering

Loading player...
Aanvalle op plase en kleinhoewes hou 'n groot bedreiging vir landbou in geheel, en voedselsekuriteit in Suid-Afrika, in. Dit is volgens Roy Jankielsohn, DA-lid en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse Wetgewer, wat sê die DA se alternatiewe plattelandse veiligheidsbeleid, word op 'n volgehoue grondslag hersien en kan aanvullend tot die nasionale landelike veilighiedsplan wees. Hy meen die regering moet meer in landbou veral in die Vrystaat, belê. Dit is 'n kwessies wat die DA in die provinsiale begrotingsdebat asook die begrotingsdebat vir landbou wil uitlig. Dit sou vandeesweek plaasvind, maar is uitgestel sienende die minister van finansies, Tito Mboweni, 'n nood nasionale begroting Woensdag lewer. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Jankielsohn gepraat...
22 Jun 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min