Dieseltekorte 'n besprekingspunt vandag met Sapia

Loading player...
Boere in die sentrale binneland asook in ander provinsies in die land, ondervind 'n tekort aan dieselvoorraad, en die situasie vererger nou. Dr. Requiere Wait, hoof van ekonomie en handel by Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid, sê dit is nie slegs in Noordwes, die Vrystaat en die Noord-Kaap waar boere tekorte ondervind nie. Meer provinsies in die binneland word geraak. Hy sê egter Agri SA vergader weekliks met die Suid-Afrikaanse Brandstofbedryfsvereniging, Sapia, oor kwessies met betrekking tot die brandstofbedryf. Wait sê Agri SA, asook verteenwoordigers van Graan SA (GSA) en die Landbousakekamer, Agbiz, vergader vandag met Sapia en dié tekorte sal na verwagting ook onder die loep kom. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat....
23 Jun 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min