Agri-Uur René van der Westhuizen Grain Field Chickens

Loading player...
Grain Field Chickens het hard gewerk vir gesogte eerbewys
Die gevestigde pluimvee-abbatoir, Grain Field Chickens (GFC), in Reitz in die Oos-Vrystaat het aan streng vereistes voldoen om die gesogte 20 Keys-internasionale eerbewys vir uitnemendheid te ontvang. René van der Westhuizen, bedryfsingenieur by GFC, sê dié maatskappy is op talle vlakke ge-evalueer en teen wêreldklas organisasies gemeet. Dit was om seker te maak GFC fokus daarop om aaneenlopende bedryfverbetering reg toe te pas. GFC is in 2010 gevorm onder leiding van VKB en met dié eerbewys is GFC nou die eerste hoender-abbatoir in die land wat dié eerbewys ontvang het. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het verder met Van der Westhuizen gepraat...
21 Jul 2020 1AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min