Herroeping van droogte as 'n ramp wek talle vrae

Loading player...
TLU SA bevraagteken die regering se nasionale rampbestuursentrum se besluit om die klassifikasie van droogte as 'n nasionale ramp te herroep. Verskeie landbou-organisasies het hulle sterk daarteen uitgespreek. TLU SA se hoofbestuurder, Bennie van Zyl, wil weet waarop die regering sy besluit geskoei het, terwyl daar nog talle gebiede in die land is wat deur droogtetoestande geraak word. Hy sê tydens dié ramptydperk het kommersiële boere geen hulp ontvang nie. Dít terwyl die regering nou alles in die stryd moet werp om dié kosprodusente in produksie te hou. OFM-nuus se Christal-lize Muller het met hom gepraat...
21 Jul 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min