Agri-Uur 23 Julie Chris Derksen

Loading player...
Veilingspryse vir lewende hawe steeds op goeie vlakke
'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewende hawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Hier is Derksen ...

(VIR DIE WEB: Derkesen sê die prys wat behaal is vir diere op veilings het stabiel gebly. Slagbulle het 'n goeie styging in die prys getoon van R21, 75 verlede week na oor R22. Stoorlammers het ook 'n goeie styging getoon.

Volgens Derksen het speenkalwers onder 200kg op die weeklikse veilings Dinsdag in Kroonstad in die Vrystaat teen R33,10 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R32,12 en speenkalwers oor 250kg het teen R29,05 per kg verkoop.
22 Jul 2020 3PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min