Agri Noord-Kaap veroordeel Hartswater-moord

Loading player...
Agri Noord-Kaap veroordeel die aanval op 'n afgetrede bejaarde egpaar, Danie en Breggie Brand en hul dogter Elzabie, wat aangeval, ontvoer en vermoor is in die Magogong-gebied in die Noord-Kaap ten sterkste. Joe Scholtz, voorsitter van dié organisasie se komitee vir landelike veiligheid, sê hulle is baie ongelukkig dat 'n voorval van dié aard in hul midde plaasgevind het. Dít veral in die Noord-Kaap wat tradisioneel 'n gebied is waar ernstige misdrywe minder as in die res van die land voorkom. Hy sê Agri Noord-Kaap spreek sy innige medelye uit teenoor die Brand-familie en die gesinslede se vriende asook die gemeenskap. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het gistermiddag met hom gepraat...
28 Jul 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min