Agri-Uur 30 Julie Kobus Laubscher

Loading player...
Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?
EN… Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag, praat OFM-nuus se Christal-Lize Muller met die landbou-ekonoom, dr. Kobus Laubscher.


(VIR DIE WEB: Hy praat oor die ekonomiese herstel ná die Covid-19-andemie en kollektiewe wyshede wat die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) beskikbaar stel. Dié sewe aspekte is waardevol. Daarin word onder meer uitgelig, hoe die vierde industriële revolusie ingespan kan word, die versterking van streeksontwikkeling, die hervitalisering van globale samewerking, die ontwikkeling van volhoubare besigheidsmodelle, en die herstel van omgewingsgesondheid. Daarmee saam word die herontwerp van sosiale gedrag by wyse van veranderde vaardighede en werkgeleenthede en hoe ekonomiese heropbou aangepak kan word, ook uitgelig.
Hy sê dit is gemene saak dat die pandemie ekonomieë in ‘n selfvernietigende spiraal van inkorting gedompel het, maar terselfdertyd ook gewys het na die voordele van verminderde besoedeling, omdat industrieë of gesluit is of teen halfpas voortgaan met hul bedrywighede.
29 Jul 2020 4PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min