Agri-Uur 30 Julie Joe Scholtz

Loading player...
Agri Noord-Kaap en polisie fokus op knelpunte rakende misdaad

Agri Noord-Kaap bied 'n gevestigde landelike beveiligingsstruktuur in samewerking met die polisie en gemeenskappe se betrokkenheid word aangemoedig. Daarmee saam is enige aanval op 'n plaas of 'n kleinhoewe, asook misdaad in die algemeen in dié provinsie, 'n bron van kommer. Dit is veral as daar lewensverlies is ongeag die rassegroep wat daaronder lei. Dit is volgens Joe Scholtz, voorsitter van Agri Noord-Kaap se komitee vir landelike veiligheid, nadat 'n egpaar wat al vir jare betrokke is by die plaaslike landbougemeenskap, Danie en Elzabie Brand, en hul dogter Elzabie, op 'n kleinhoewe naby Hartswater aangeval, ontvoer en vermoor is. Die gesinslede was sedert Sondag vermis en 'n bekommerde familielid het Maandag onraad vermoed en gevra dat iemand ondersoek op die kleinhoewe gaan instel. Gemeenskapsveiligheidstrukture en die polisie het vinnig daarna 'n soektog van stapel gestuur. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
29 Jul 2020 5PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min