Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

Loading player...
Laubsher praat oor bioderversiteit wat nou nog van groter belang is. Hy meen biodiversiteit is die sleutel tot die mens se bestaan. Dit sluit water, suurstof, vrugbare grond, klimaatsbeheer, medisyne en kos soos die waarde van ontspanning en geestelike inspirasie. Hy meen in Suid-Afrika raak die mensdom dalk onverskillig en slaan nie ag slaan op die rooi ligte wat biodiversiteit bedreig nie.
Die Wêreld- Ekonomies Forum spreek vervolgens sy besorgheid uit oor biodiversiteit en ‘n aantal belangrike aspekte word uitgelig wat oorweging verdien. Dit sluit in die wyse hoe openbare en private sektore kan saamwerk om beter uitkomste daar te stel eerder as om te probeer mik na minder slegte uitkomste. Die klem gaan val op netto biodiversiteit se voordele.

Meer moet teruggeplaas wword as wat uitgehaal word en dit geld deur die bank vir alle betrokkenes. Hy sê plaaslike openbare betrokkenheid moet teen hierdie doelwit gemeet word, waarna elkeen daaroor 'n besluit kan neem.
Beleidsbeluite kan ‘n vernietigende impak hê op biodiversiteit en die bestaande polemiek oor onwettige grondbesettings het as grondslag, juis ten doel om grond wat waarde het, daarteen te beskerm.
5 Aug 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min