Merkwaardige Noord-Kaapse vrou se passie vir boerdery vergoot danksie Dingetjie die boklam

Loading player...
Die jare stap aan vir Hester Maasdorp 'n veeboer in eie reg, wat nie terugstaan om skouer aan die wiel te sit op die plaas nie. Dit is vrouemaand en daarom gesels OFM met vroue in landbou soos Hester wat aan stuur is van haar en haar man Deon se plaas Zuurwater by Aggeneys in die Noord-Kaap. Hester en 'n plaaswerker is aan die stuur van hul dorper skaapkudde, beeste en hul rooikopboerbokkudde. Sy sê boerdery kom nie sonder uitdagings nie, maar sy pak dit dit aan, al droog haar hoop soms saam met die droogte op. Hester sê sy word kwaad oor dié situasie en worstel daarmee. OFM-nuus se Christal-Lize Muller praat nou verder met Hester oor boerdery wat in haar bloed is en 'n klein boerboklammertjie, wat haar passie vir boerdery vergroot het. Die boerdery-gogga het haar gebyt danksy die rooikopboerboklammer, Dingetjie, wat sy by haar sussie in Botswana gekry het, toe die egpaar jare gelede daar gaan kuier het. Hester is dankbaar vir die rol wat "Dingetjie" gespeel het in haar besluit om volstoom te begin boer.
9 Aug 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min