Agri-Uur 12 Augustus Gerhard Schutte

Loading player...
Rooivleisbedryf in SA wag op bevestiging oor Botswana opheffing van invoerverbod
Die Rooivleisprodusente-organisasie, RPO, stel ondersoek in oor 'n inligtingstuk wat versprei word rakende die departement van landbou in Botswana se opheffing van die verbod op die invoer van gesplete hoefdiere vanaf Suid-Afrika. Die RPO se uitvoerende hoof, Gerhard Schutte, sê dié organisasie kan in dié stadium nie bevestig of dit wel die geval is nie. OFM-nuus wag ook nog op terugvoer vanaf die Suid-Afrikaanse Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling rondom dit. Daarmee saam het OFM-nuus se Christal-Lize Muller by Schutte uitgevind oor die jongste situasie rondom bek-en-klouseer in Limpopo en die prys van lewende hawe wat goed is te midde van die Covid-19-pandemie.
11 Aug 2020 5PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min