Agri-Uur 14 Augustus

Loading player...
wak begin van nuwe volseisoen te verstane, maar wek tog kommer
Die 2020/21 -wolseisoen het nie op 'n goeie noot afgeskop nie, en wek kommer by betrokkenes. Heindrich Victor, bestuurder spesiale dienste van vesel by OVK, sê daar is verskeie faktore wat bydra tot die daling in die plaaslike wolmark tydens die eerste nasionale veiling in Port Elizabeth in die Oos-Kaap. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat.

(VIR DIE WEB: Hy sê die mark het laer verhandel teenoor die laaste veiling van die vorige seisoen met die Cape Wools merino-aanwyser wat met 5,7% gedaal het teenoor die laaste veiling van die vorige seisoen. Dit het vandeesweek teen 'n skoonprys van R137.38 per kg gesluit. Daarmee saam het die Rand met 2,2% swakker teen die Amerikaanse Dollar verhandel en 6,7% teen die Euro verswak, ooreenstemmend dieselfde tydperk van die vorige veiling. ​ Victor sê dit is nie goeie nuus vir die bedryf nie, maar omstandighede rondom die wêreld-ekonomie moet in ag geneem word.
Hy sê die vraag na volhoubaar gesertifiseerde wol het tot gesonde kompetisie onder kopers bygedra. Fynwol en goeie gehalte wol het weer eens goed presteer. Meer as 8000 bale is aangebied, waarvan sowat 95% verkoop is.
14 Aug 2020 3AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min