Potchefstroom-boere ruk op in groot getalle om wegholbrande te bestry

Loading player...
Verskeie wegholveldbrande in die Potchefstroom-distrik het sedert die naweek verwoesting gesaai. Dr. Kobus Roux, voorsitter van dié distrik se brandbestrydingsvereniging, sê daar was drie groot brande wat Saterdag ontstaan het en na kleiner brande gelei het. Hy sê die totale omvang van die skade is in die stadium nog onbekend, maar daar het bykans 2000 hektaar grasveld in die slag gebly. Geen ernstige beserings is aangemeld nie. Sover bekend was daar ook nie reuse veeverliese nie. Roux sê boere en hul plaaswerkers het goed saamgewerk en spanne van Working on Fire het ook hul kant gebring. Brande in die New Machavie-gebied en by die Vredefort-koepel is Maandag eers geblus. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Roux gepraat... ​
18 Aug 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min