Agri-Uur 20 Augustus

Loading player...
Brandbestrydingsvereniging vra mense om op brandgevaartoestande ag te slaan
Die Potchefstroomse brandbestrydingsvereniging, benadruk opnuut die belang van die verantwoordelike optrede in 'n poging om die uitbreking van veldbrande te voorkom. Kobus Roux, voorsitter van dié vereniging, sê mense moet nie nalatig wees in dié verband nie. Sy beroep kom nadat wegholveldbrande, wat die naweek in die Potchefstroom-distrik gewoed en verwoesting gesaai het, vermoedelik ontstaan het weens mense se nalatigheid. Sowat 12 000 hektaar. hoofsaaklik grasveld, het in dié distrik afgebrand. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
20 Aug 2020 2AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min