Beplan nou om voorkomend op te tree teen insekoordraagbare siektes

Loading player...
Hierdie tyd van die jaar kom daar min veesiektes voor, maar dit is steeds belangrik dat boere voorkomend optree. Dit is volgens die direkteur van Veearts Netwerk, dr. Danie Odendaal, wat sê die probleem is met insekoorgedraagde siektes wat in die lente, somer en herfs tydperk voorkom. Die situsuasie met betrekking tot siektes wat deur insekte en ook bosluise oorgedra word, verander vinnig sodra dit begin reën. Hy sê daar moet ook in ag geneem word dat die meeste insekoorgedraagde siektes virussiektes is, waarvoor daar daar geen doeltreffende behandeling is nie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Odendaal gepraat oor voorkomingsmaatreëls en die belang van inentings teen dié siektes in beeskuddes...
27 Aug 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min