Die gemeenskap van motorfietsryers "voel saam" met boere, sê Bloem-sakeman

Loading player...
Gemeenskappe se antagonisme jeens plaasaanvalle en voorvalle van ersntige geweld is duidelik, nadat duisende motorfietsryers in die afgelope naweek in stede 'n rit daarteen onderneem het. Die gemeenskap van motorfietsryers was byeen om hul ontevredenheid met plaasmorode en geweld in die land te toon. Vrystaat Landbou (VL) is dankbaar vir elke motorfietryer en ander betrokkenes, wat aan dié bewusmakingsveldtog deelgeneem het. Die president van VL, Francois Wilken, sê met dié insiatief lewer motorfietryers 'n waardevolle bydrae om dié euwel, wat in baie opsigte deur sommige politici en hul ondersteuners ontken is en steeds word, weer op die voorgrond te plaas. Bykans 'n duisend motorfietsryers het Saterdag ook in Langenhovenpark in Bloemfontein saamgetrek en daarna 'n rit Hinterland in die stad onderneem. Motorfietsryers het ook Saterdag om 12:00 oor die land heen gebid. Piet van den Berg, 'n sakeman van Bloemfontein, het aan dié plaaslike optog deelgeneem. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
30 Aug 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min