Die projek, Boks-voer-vir-'n-Boer, kom uit 'n boervrou van Mpumalanga se hart

Loading player...
Die projek-Boks-voer-vir-'n-Boer is van stapel gestuur nadat 'n inisiatief van dié aard in die hart van 'n boervrou van Mpumalanga gegroei het. Elria Steinberg, van 'n plaas tussen Hendrina en Carolina, se behoefte om hulp aan boere in die droogtegeteisterde Namakwaland en veral die Calvinia-gebied te verleen, het só sterk geword dat sy dit later nie meer kon ignoreer nie. Die projek behels 'n aanlynwinkel waar pakkette vir veevoer beskikbaar is en waarvan weldoeners kan kies. Die pakkette kan dan deur 'n weldoener gekoop word en die geld gaan aan boere, wat reeds geïdentifiseer is vir dié inisiatief. Steinberg sê in dié stadium is daar reeds 11 boere wat hulp benodig in dié verband. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met haar gepraat...
31 Aug 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min