#AgriSA positief oor landelike veiligheid

Loading player...
Agri SA is positief oor die verandering wat nou ervaar word ten opsigte van landelike veiligheid in die land. Dié organisasie waarsku egter dat gemeenskappe in dié verband nie hul hoop op 'n onmiddellike verandering moet vestig nie. Hulle moet steeds waaksaam wees op plase en hulself voorberei op moontlike aanvalle of misdrywe. Dit kom nadat politici hulself vandeesweek in die Parlement sterk teen moorde en aanvalle op plase en kleinhoewes uitgespreek het. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Tommie Esterhuyse, voorsitter van Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid, landelike veiligheid, gepraat...
2 Sep 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min