Agri-Uur Estelle Steenkamp

Loading player...
#Droogte Vroue van die Middelpos-gebied se koekies kry groot aftrek

'n Groep ywerige vroue van die Suidwes Roggeveld-landbouvereniging by Middelpos in die Noord-Kaap bak heerlike koekies dat dit bars. Dit is deel van die Hartklop Hoop koekie-projek wat van stapel gestuur is om aan boere, wat swaartrek weens die voortslepende droogte, se vroue die geleentheid te gee om 'n inkomste te verdien. Terselfdertyd word van die geld wat verdien word deur die koekieverkope in 'n fonds geplaas. Dit word weer aangewend om veevoer aan te koop v of selfs geld vir veevoer aan boere te verskaf. Gemeenskappe word ook gehelp daardeur met verskeie projekte wat befonds word. Estelle Steenkamp, wat aan stuur is van dié projek, sê hulle was verlede jaar verbaas oor die positiewe reaksie van Suid-Afrikaners oor dié projek. Die Covid-19-staat van inperking het egter 'n demper daarop geplaas maar die projek, is weer volstoom aan die gang en smullekker koekies word gebak en verkoop. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met haar gepraat..
7 Sep 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min