Veiligheid en beleidsonsekerheid is brandpunte vir #VrystaatLandbou

Loading player...
Die veiligheidsituasie in landelike gebiede in die Vrystaat bly 'n kern brandpunt waaraan georganiseerde landbou daagliks aandag skenk. Boere is sagte teikens, terwyl misdrywe oor die land heen toeneem, maar veral in die Vrystaat wat aangresend aan Lesotho is. Plaasaanvalle en -moorde neem toe en is 'n werklikheid waarvan daar nie weggeskram kan word nie. Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL), sê dit is ook kommerwekkend dat nie slegs grondeienaars nou bedreig word nie. Plaaswerkers is ook teikens. Hy sê nog 'n kernbrandpunt vir dié organisasie is beleidsonsekerheid. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
8 Sep 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min