Grondbestuur is noodsaaklik deur middel van grondopnames, sê kenner

Loading player...
Grondbestuur op plase deur middel van die gebruik van grondopnames is noodsaaklik vir produsente. Johan van Tol, van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se departement van grondopname en klimaat, sê in dié verband is dit egter belangrik om te let op die feit dat grondtipes asook die eienskappe daarvan verskil van mekaar. Dit is juis daarom dat landbougrond verskillend bestuur moet word en dit is waar die belang van 'n grondopname inkom. In grondopnames word grond geklassifiseer en die tipes grondklassifikasies vorm dan die basis vir bestuurseenhede. Van Tol sê dié eenhede is die grondslag vir presisie-boerderypraktyke. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat.
9 Sep 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min